Leer ons nie uit dure lesse nie? ‘n Plaasmoordenaar wat uit op parool was na ‘n dubbele plaasmoord 18 jaar gelede, in die selfde omgewing, het ‘n 68 jarige boer van Frankfort wreed aangeval nadat die skurk voorgegee het hy wil ‘n skaap koop. Dit blyk ook dat Oom Gert die moordenaar herken het! Waarom verkoop boere nog vee aan aanlopers?
Die plaasmoordenaar, Samuel Tsotsetsi, wat 18 jaar gelede sy werkgewers Fanie (42) en sy vrou Ina Smith (33), wat ‘n baba verwag het, met behulp van sy neef barbaars aangeval en doodgeskiet het, op die plaas Vadersdeel naby Frankfort – en wat 35 jaar tronkstraf opgelê was in 2005 daarvoor – het Maandag op die plaas van Gert Terblanche (68) opgedaag, ook by Frankfort, en voorgegee hy wil ‘n skaap koop. Tsotsetsi, wat vroeg vrygelaat en op parool was, was ‘n veewagter op die Smith plaas gewees ten tyde van die dubbele moord in 2003.
Luister Hier: