Drie bejaarde susters, onderskeidelik 79, 74 en 71 jaar oud, wat saam op ‘n plaas in die Tierpoort-omgewing buite Bloemfontein bly, is Donderdagaand 29 April, 2021 in hul huis aangeval en aangerand. ‘n Boer in die omgewing het aan Netwerk24 erken dat ‘n informant hom voor die plaasaanval gewaarsku het dat die susters binnekort aangeval sal word deur dieselfde veediewe wat 60 skape by hom gesteel het.
As gevolg van die waarskuwing is ekstra veiligheidsmaatreëls soos veiligheidshekke aangebring en die Parkweg-polisiekantoor in kennis gestel, maar ondanks die verhoogde veiligheidsmaatreëls, het die plaasaanvallers nog steeds toegang tot die kwesbare dames gekry? Het die susters se werkers miskien gehelp om inligting aan die aanvallers te gee?
Luister Hier: