Ace Magashule, die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, het die eerste rondtes in sy stryd teen Ramaphosa verloor na Cyril se aksies sterker was as wat verwag was. Dit blyk asof Ace die sondebok gaan wees.
Dit was seker vir Ace frustrerend om te hoor dat hy geskors is as sekretaris-generaal, en al wil hy teen die uitspraak appelleer, verwag almal dat die appèlsaak dieselfde uitspraak sal lewer, omdat dit lyk asof Ramaphosa vasbeslote is om van Ace ontslae te raak, na hy verwoestende verdere stappe teen Ace geneem het, wat veroorsaak het dat die Uitvoerende Komitee optree en Ace ook uit die Komitee skors, en daarna ook nog vir hom beveel het om vir die land en Ramaphosa om verskoning te vra vir sy optrede.
Luister Hier: