Oor Ons

DIE VRYSTAAT AS EEN VAN DIE SELFBESKIKKINGSAREAS IN SUID-AFRIKA

Ons ondersoek die idee van die Vrystaat, ook die gebied tot by Kimberley, as n gebied wat nie agterwee gelaat moet word in ons soeke na vryheid nie.

Dit is natuurlik ‘n historiese bewysbare feit dat die ou Oranje Vrystaat onmiskenbaar Boere/Afrikaner grond is. Die enigste volk wat tot vandag ‘n deel, die Verowerde Gebied teen die Lesotho-grens af, sien as ‘n gebied waarop hulle n aanspraak sou he, is inderdaad Lesotho self is. Dan is daar n spatseltjie Tswanas in Thaba Nchu en Soetoes romdom Witsieshoek.

Die bevolking in die Goudvelde het eers in die 1950’s begin opdaag toe dorpe soos Odendaalsrus alreeds baie dekades bestaan het.

Die Vrystaat sit ook met n klein en kwynende bevolking, wat hervestiging om n getalle-oorwig daar te stel soveel vergemaklik. Die Vrystaat het egter groot landelike gebiede en stedelike areas waar daar reeds vandag getalle-oorwig is van Boere/Afrikaners/Europees- Afrikane.

‘n Dorp soos Hennenman is sowat 10 kilomter verwyder van enige ander areas en het n getalle oorwig van amper 80% Boere.

Langenhovenpark/Bainsvlei aan die Westekant van Bloemfontein is ook bo 70% Boere. So kan daar nog voorbeelde genoem word waar daar reeds vandag op munisipale vlak met groeipunte en selfbeskikkings-zones kan begin word.

Die gebied is goed ontwikkel met vee – en wildsboerdery sowel as graan en groenteplase. Die dorpe en stede is goed ontwerp en uitgele en het diensbare infrastruktuur. Die hoofpaaie is in ‘n goeie toestand en daar is ‘n internasionale lughawe by Bloemfontein.

Mynbou het gekwyn die laaste paar jare, maar is steeds ‘n groot ekonomiese dryfveer, hoewel die vaardighede van ingeneurs en ander werkers baie gou na ander sektore van ‘n industriele ekonomie kan omgeskakel word.

Die enigste tekortkoming is natuurlik ‘n seekus, maar met n korridor na die Suide kan dit ook oorbrug word. As die Noordkaap aangeheg word, kan Port Nolloth as n standhoudende hawe ontwikkel word en as Namibie ook geaktiveer word sal mens selfs daardie hawens kan gebruik. Die provinsie het inderdaad reeds baie beskermbare grense.

Afrikaners se sterkste aanspraak op grondgebied kragtens internasionale regsbeginsels is juis daar waar hulle die sterkste historiese verbintenis kan aantoon.

Afrikaners het volle onafhanklikheid geniet in die destydse Republiek van die Oranje-Vrystaat en in die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal en Noord-Natal) ten tye van Britse kolonisasie in 1902. Die koue hooglande, beter bekend as die hoëveld van Transvaal en die Vrystaat, is vir die eerste keer permanent beset deur Afrikanerpioniers tydens en in die jare wat onmiddelik gevolg het op die Groot Trek (1836 en daarna). Op daardie stadium kon swart stamme van Suider-Afrika nie permanent op die klimaat-onvriendelike hoëveld vestig nie, omdat hulle vlak van tegnologiese ontwikkeling nie van so ‘n aard was dat hulle in die koue wintermaande daar kon oorleef nie.

Nomade het nie aanspraak op grondgebied vir selfbeskikking nie, en sowel die swart stamme wat die hoëveld slegs gedurende somermaande vir weiding vir hul vee gebruik het as die San (Boesmans), het nooit permanent op die hoëveld gevestig voordat Afrikanerpioniers daar gaan vestig het nie. Afrikanerpioniers het die hoëveld mak gemaak.

Bowendien was die hoëveld en aangrensende streke totaal ontvolk toe Afrikanerpioniers daar gaan vestig het as gevolg van die mfecane/difaqane wat tussen 1815 en 1835 in die binneland van SA gewoed het toe honderd duisende mense uitgemoor is, of van ontbering en hongersnood gesterf het. Oorspronklike bronne soos dagboeke en verslae van sendelinge wat die gebied deurkruis het voor die Groot Trek getuig duidelik hiervan.

Afrikaners is ooreenkomstig internasionale regsbeginsels geregtig om grondgebied op so ‘n wyse af te baken dat hulle ‘n meerderhed binne die gebied vorm, en gevolglik selfbeskikking kan opeis.