Jacobsdalers poog om Heemraad op te stel

Beste mede Jacobsdalers en vriende.

Ek gaan van deuntjie verander en nie meer oor die mag van die staat praat nie, maar oor art. 30, 31 en 185 van ons land se grondwet wat die reg aan taal en kultuurgemeenskappe gee om georganiseerd te raak om hul belang by die art. 185 grondwet kommissie te bevorder en te beskerm.

Wie weet wie die huidige kommissaris is wie ons Afrikaner of Boere se regte moet bevorder ?

Indien iemand nie wil deelneem aan n gesprek, wat die moontlike uitkoms kan wees, indien ons in Jacobsdal met n Taal en Kultuurraad georganiseerd raak nie, kan vir my laat weet.

Toe die Kaap nog Hollands was, het ons voorouers Heem of tuisrade gebruik om hul gedeelde streeksbelang te bestuur. Die ou Landdros en Heemrade stelsel. My voorstel is dat ons die woord Heemrade gebruik om ons volk te laat herleef.

Dit is elke landsbuger se reg om n lid te word van n organisasie van sy of haar keuse, daarom is dit sinneloos om te baklei wie of wat n Afrikaner is. Selfs die sosioloë sê dat mense assosieer met wie hul wil, al druis dit ook lynreg teen hul politieke oortuigings in.

Hoe meer idees ons kry, hoe makliker word dit om n visie te vorm van wat ons in Jacobsdal wil hê. Nie een van ons kan reg of verkeerd wees nie, omdat die lede van n te stigde Heemraad self sal besluit en hul verteenwoordigers kies.

Stuur aan my n epos en ek sal dit na die ander lede aanstuur.

Kan LEDE van Heemrade self hul streek se Volksrade verkies, met n oorkoepelende sentrale Volksraad ? Kan bestaande gemeenskap organisasies verteenwoordiging kry om saam te werk in die gedeelde belang van ons grondwetlike regte ?

Dink julle dat Heemrade weer vir ons n gemeenskapslewe kan bou, en betrokke raak bv. by die taalbeleid, sodat ek nie Engels uit selfverdediging hoef te gebruik nie ?

As al die dorpe in ons land georganiseerd raak, soos die Jode, Moslems en soos die ander volke, kan ons administratief die ou Transvaal, Vrystaat, Natal en Kaapse Volksrade herleef met n sentrale Volksraad met ons eie President, met ons eie Vlag en Volkslied om ons grondwetlike en internasionale regte te vestig en self te bestuur ?

Ek sê weer. Dit is jou keuse om lid te word van n Jacobsdalse Heemraad ! Ons kan steeds respek vir mekaar hê, al is jy nie n lid van ons Heemraad nie.

Groete.

Kobus.

Sommige van ons ken mekaar van geen kant af nie, maar tog het ons n gevoel dat ons bymekaar hoort. Is dit nie wat bedoel word met Volk nie ? Om bymekaar te hoort soos dr. DF Malan gese het. Kom bymekaar wie bymekaar hoort. Of soos die Engelse spreekwoord lui. Birds of the feather flocks together, sonder voorskrifte en formules.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment